Titus

Written by Chris van Wyk on 21/02/2012. Posted in Titus

Print Friendly
Paulus skryf waarskynlik hierdie brief aan Titus op dieselfde tydstip as die eerste brief aan Timoteus vanuit Masedonië (Tit 3:12) in 62-63 nC op sy “vierde sendingreis”.  Daarom hanteer ons ook hierdie brief eerste, voor ons gaan afsluit met Paulus se laaste (behoue) brief, die 2de brief aan Timoteus.

Titus se Griekse afkoms het hom besonder geskik gemaak om die evangelie aan Grieke te verkondig (Gal 2:3).  Hy het onder Paulus se bediening tot bekering gekom, waarskynlik in Antiogië, omdat hy Paulus-hulle na Jerusalem vergesel met die vergadering se besinning oor die besnydenis (Gal 2:3; Hand 15).  Hy werk in Korinte, Dalmasië en op die eiland Kreta.  In Korinte was hy ‘n soort “trouble-shooter” om die tweespalt in die gemeente te ontlont.

Hierdie brief is ‘n uiteensetting van die dinge waarop hy moet fokus in sy bediening daar, toegespits op ‘n gesonde geloofslewe (Tit 1:13), weereens meer as ‘n “trouble-shooter”, totdat Artemas en Tigikus daar sou aankom (Tit 3:12).  Soos dit die geval was met die briewe aan Kolosse en Efese, is dit nou ook die geval met die brief aan Titus en die 1ste brief aan Timoteus – die temas wat aangeraak word, kom baie ooreen.  Sommige beskou die brief aan Titus daarom as ‘n kleiner weergawe van 1 Timoteus.

Weereens word die valse leringe van dwaalleraars – dit kon selfs van die plaaslike huiskerk ouderlinge in die verskillende dorpe (Tit 1:5) gewees het – aangevat, en die gesonde leer daarteenoor beklemtoon.

Let egter op:

  • dat die kwalifikasie vir ouderlinge in Titus eerste aangeraak word (1:5-9), voor daar oor die dwaalleraars gepraat word (1:10-16; 3:9-11).  In Timoteus was dit juis andersom.  Die rede is waarskynlik dat Timoteus in Efese gewerk het met ‘n gemeente wat al 12 jaar aan die gang was, en die gemeentes in die dorpe van Kreta so pas maar begin het.
  • dat die gedeelte wat handel oor jongmans en -vroue, sowel as oor slawe (Tit 2:1-10), ‘n langer uitbreiding van die basiese gegewens van 1 Tim 5:1-2 en 6:1-2 is

Paulus het ‘n geweldige  vertroue in Titus gehad: “handel hy en ek nie in dieselfde gees nie, en loop ons nie in dieselfde spore nie!” (2 Kor 12:18).  Voorwaar ‘n jongman wat ‘n groot bate vir die vroeë kerk was.

Verwysings na Titus in die Nuwe Testament

  • Reis saam met Paulus uit Antiogië na Jerusalem met die kerkvergadering en word nie gedwing om besny te word nie – Gal 2:1,3
  • Werk in Troas en Masedonië – 2 Kor 2:13
  • Werk in Korinte namens Paulus – beskryf as kollega – en is spesifiek betrokke by die dankofferinsameling – 2 Kor 7:6, 13-14; 8:16, 23; 12:18.
  • Werk ook in Kreta –Tit 1:5
  • Werk ook in Dalmasië – 2 Tim 4:10

related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed